Theano (dogter van Cisseus)

Theano (Oudgrieks: Θεανώ, Theanô) was, net soos Hekabe, 'n dogter van Cisseus. Sy was die eggenote van Antenor, saam met wie sy 'n seun, Laodamas, gehad het. Boonop was sy ook nog priesteres van Athena te Troje (Homeros, Ilias V 70, VI 298, XI 224; Dict. Cret. V 8.). Sy is deur Polygnotus geskilder (Pausanias, X 27.).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy